Konstantinos Petrou Kavafis

Konstantinos Petrou Kavafis
Gebore29 April 1863
Sterf29 April 1933
NasionaliteitVlag van Egipte Egipte Vlag van Griekeland Griekeland
BeroepDigter

Konstantinos Petrou Kavafis (Grieks: Κωνσταντίνος Π. Καβάφης; Griekse uitspraak: kaˈvafis; ook bekend as Konstantin; 29 April (O.S. 17 April), 186329 April 1933) was 'n Grieks-Egiptiese digter, joernalis en staatsamptenaar.[1]

Sy bewustelik indiwiduele styl het aan hom 'n plek tussen die belangrikste figure besorg, nie slegs wat betref die Griekse Letterkunde nie, maar wat betref Westerse poësie ook.[2]

Kavafis het in totaal sowat honderd-vier-en-vyftig gedigte geskryf, terwyl dosyne onvoltooid bly of slegs in skets-vorm voorkom. Gedurende sy leeftyd het hy konsekwent geweier om sy werk formeel te publiseer en verkies om dit te deel deur plaaslike Koerante en Tydskrifte. Hy het dit ook self uitgedruk en weggegee aan enigiemand wat belanggestel het. Sy belangrikste gedigte was na sy veertigste verjaardag geskryf, en amptelik twee jaar na sy dood gepubliseer.

  1. "Before Time Could Change Them". Theoharis Constantine. 2001. pp. 13–15.
  2. "Constantine P. Cavafy - Greek writer" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2018. Besoek op 28 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne